President's Message

1 January 2011                                 

                                            

President's Message

Die jaar 2010 het gekom en gegaan – daarom net hierdie kort boodskappie.

Hiermee my dank teenoor alle spelers, ouers en vriende vir die positiewe gees waarin daar meegeding is. Aan Mpumalanga Golf Unie (MGU) met spesifieke verwysing na Barrie Kok en Colin Mulligan, thanks guys for the support!

Die era van die Junior Golf Foundation kom ook nou tot `n einde. Vanaf 2011 sal die nuwe kommitee in samewerking met MGU, junior golf administreer. Voorspoed en sukses daarmee.

Vir my, en ek glo vir Mpumalanga, is die jaar afgesluit met die IPT wat gehou was in Port Elizabeth met ons spannetjie wat algeheel 7de geeindig het. Vroeër in die jaar het Thriston Lawrence sy groen baadjie (Protea kleure) verwerf en Suid Afrika in Italië en Indië verteenwoordig. Tydens die IPT, het nog twee van ons spelers, byname NJ Arnoldi en Zander Gouws onderskeidelik 3de en 5de geeindig op die lys van “the most value players” wat hulle in kontensie geplaas het vir nasionale kleure. Ongelukkig het die verandering in junior golf daartoe gelei dat hierdie seuns nie die erkenning gekry (groen baadjies) het wat hulle verdien nie. Vir my sal julle ouens egter die champs wees en bly want julle verdien dit!

Hierdie is ook vir my en `n hele klompie van die kommitee ons laaste jaar in junior golf. Ek was bevoorreg om `n span te hê wat onbaatsigtelik hulle dienstes sonder enige voorbehoude gegee het. Ek dink almal sal saamstem dat Keith en Chantal Viviers spesifiek lof moet kry vir dit wat hulle gedoen het. Well done!

Ter afsluiting, aan al die spelers, ouers en vriende, wens ek almal die beste toe vir 2011!

Johannes Vermooten.